
=====================================================================
'n Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Gelukkige huis lok vele vriende

By die Huis der Nederlanden is 'n betekenisvolle   begin gemaak met sy toekomstaak: om 'n tuiste met uitkringende invloed te skep vir 
Nederlands, die Vlaamse en Nederlandse kultuur en hul wisselwerking met 'n verwante Afrikataal: Afrikaans.

"TUISTE; veilige onderdak", s die woordeboek. Afrikaans en sy kultuuruitinge het 'n veilige onderdak saam met 'n gedugte stamtaal, 
Nederlands, in die Huis der Nederlanden in Pinelands, Kaapstad.

'n Knusse tuiste, maar nie 'n eksklusiewe taalgenootskaplike vesting om eie waardes in afsondering te beskerm nie. Die Huis der Nederlanden 
het baie kamers, en veral baie deure wat ver na buite oopmaak.

Een voorbeeld: deure is van 2 tot 4 Maart oopgemaak na die Mier landelike gemeenskap anderkant Upington, Askham in die Kalahari, 
Grootdrink, en na Ceres en Atlantis digter by Kaapstad.

Twintig mense van di plekke het in die HdN saamgetrek vir die eerste werkswinkel van drie dae vir studieleiers wat geletterdheidsklasse in 
hul omgewing aanbied -- hopelik deel van 'n volgehoue reeks. Dit is gedoen met die medewerking van die Stigting vir Afrikaans se   
geletterdheidsafdeling. Van hierdie kerngroep kring die bedrywighede weer veel wyer uit, maak hulle vir 'n steeds groeiende aantal leerders 
die deure na geletterdheid oop.

Vir die groep was die kursus 'n ervaring met vele fasette. Annie Thiro het in 'n bedankingswoord -- na aanleiding van 'n aandbesoek aan 
Vlaeberg -- namens di wat nog nooit in 'n stad was nie, hierdie stukkie ervaring roerend saamgevat: ..."En al daardie baie, baie, ja die 
baie, baie liggies -- o, s wonderlik!"

Hoewel die Stichting Huis der Nederlanden -- die mnse van die Huis -- beplan om net sowat 20 persent van die instansie se totale begroting 
aan die opleiding van geletterdheidsinstrukteurs te wy, verraai die soort belang wat daaraan geheg word, die tekstuur van die omgee.

Die voorsitter van die Willem de Zwijgerstichting --   die grondlegger van die Huis der Nederlanden -- dr. Maarten H. Cohen Stuart,   skryf 
in 'n brief aan mev. Anneke van Niekerk,   voorsitter van die HdN se dag- en algemene bestuur: "Wij vinden het onaanvaardbaar als zich in 
het algemeen-Nederlands taalgebied (d.w.z. alle gezamenlijke taalgebieden die hun oorsprong -- geheel of mede -- vinden in het Nederlands) 
personen bevinden die door welke maatschappelijke of politieke redenen dan ook hun eigen 'huistaal' niet kunnen lezen, schrijven en verder 
ontwikkelen.

"Wij menen dat alle leden van het algemeen-Nederlands taalgebied met woord en met schrift deel moeten kunnen nemen aan de op deze algemeen-
Nederlandse taal gebaseerde culturele uitingen, in hun breedste zin."

Verder: "Maar juist dat kwalitatief hoogwaardige Huis der Nederlanden zal met zijn mogelijkheden geheel open moeten staan voor het 
geletterdheidsprogramma."

Nog verder: "Het Curatorium meent ... dat binnen de grote ruimte van de veeltalige en veelkleurige Zuid-Afrikaanse gemeenschap het 
geletterdheidsproject ons visitekaartje is, en daarmee ons de legitimiteit geeft om zo nadrukkelijk in Zuid-Afrika op te komen voor het 
Afrikaans, als deel van het algemeen-Nederlands."

Die Stichting Huis der Nederlanden is in 1997 opgerig deur die Willem de Zwijgerstichting van Nederland. Pinelands se NG Kerksaal is gekoop 
en opgeknap om in die behoeftes van 'n ware kultuursentrum te voorsien. S lui dit in die grondwet:

"Die doel en oogmerk van die Stichting sal wees om, sonder winsoogmerk, 'n kultureel-opvoedkundige sentrum te vestig en te onderhou vir die 
bevordering van kennis van die Nederlandse taal en die Nederlands-Vlaamse kultuur en saamhangende kulturele en wetenskaplike uitinge.

"Die spesifieke oogmerk van die Stichting sal wees om die verwantskap wat bestaan tussen die Nederlandse taal en Nederlands-Vlaamse kultuur 
enersyds en die taal en kultuur van Afrikaaanssprekendes andersyds uit te bou."

Vir nog groter duidelikheid is later bygevoeg: "Ter bereiking van die vermelde doelwitte sal onder meer aandag gegee word aan die sosiaal- 
kulturele en opvoedkundige behoeftes van die gemarginaliseerde Afrikaanstaliges."

Dis bre begrippe wat tot groot bedrywigheid lei.

Die Nederlandse Bibliotheek met sy ongeveer 25 000 bande -- wat steeds uitbrei en die hart van die kultuursentrum vorm -- is reeds in 
bruikleen by die HdN.

'n Jaarlikse Nederlands-Vlaamse Week word beplan. Die eerste Week vind van 14 tot 18 September plaas met as algemene tema: Die geesteslewe 
van n die Tweede Wreldoorlog in Vlaandere en Nederland. 'n Reeks van vyf lesings sal die onderwerpe behandel. Prof. Marcel Janssens 
(Leuven)   sal die geestelike en kulturele klimaat in Nederland en Vlaandere behandel, dr. Wilbert Smulders (Utrecht)   die letterkunde, 
mnr. Peter Marijnissen die beeldende kunste en mnr. Jacques Klters   die kabaret en kleinkuns.

In samewerking met die Kaapse Forum vir Neerlandistiek gaan die HdN die   Nederlandse taal en literatuur buite universiteitsverband 
bevorder. 'n Taalkursus in Nederlands word in die Huis aangebied. 'n Werkkring, die Nederlands-Afrikaanse Werkkring (Nawerk), is op   
inisiatief van die Stichting Huis der Nederlanden gestig waarvolgens Afrikaansonderwysers van die middelbare skool genooi word na 'n reeks 
byeenkomste waar 'n kundige hulle onder meer riglyne gee hoe om 'n voorgeskrewe of toepaslike Nederlandse boek in die klas te behandel.

Een keer per week word klasse volgens 'n program "Nederlandse onderwys in die buiteland" oor die Nederlandse taal en kultuur aan die 
kinders van Nederlandssprekendes gegee om hulle in hierdie opsig met skole in Nederland te laat tred hou.

Die organisasie Biblionef, die geesteskind van   Jhr. Mr. M. Vegelin van Claerbergen,   gewese ambassadeur van Nederland in Frankryk, gaan 
sy Suid-Afrikaanse depot en verspreidingsdiens van gratis kinder- en jeugboeke aan gemarginaliseerde gemeenskappe in die Huis der 
Nederlanden vestig. Biblionef lewer sedert die begin negentigerjare met die samewerking van uitgewers so 'n diens uit Frankryk en Portugal 
aan voormalige Franstalige en Portugese kolonies en uit Nederland meestal aan Suriname.

Die vereniging Algemeen-Nederlands Verbond (ANV) gebruik die HdN as die middelpunt van die meeste van sy aktiwiteite.

Die gebou self is 'n heerlikheid, 'n kombinasie van vriendelike warmte en akademiese erns. Wanneer al die sale voltooi is, sal daar geriewe 
wees vir 'n ruim verskeidenheid bedrywighede. 'n Saal kan gehuur word teen R25 per eenheid -- 'n oggend, middag of aand.

Diegene wat daarin belang stel om deel te word van die familie van die Huis der Nederlanden, om die geriewe te kan gebruik, boeke, CD's, 
video's te kan uitneem, en om eie taalhorisonne uit te skuif, kan gerus 'n Vriend van die Huis der Nederlanden word teen R60 ledegeld per 
persoon; R10 vir studente en leerlinge.

Barend Koras van Kenhardt het nie verniet by   sy afskeidshanddruk n afloop van die geletterdheidskursus vir opleiers ges nie: "Dit is 
vir ons almal 'n voorreg om nou deel van die groot familie van die Huis der Nederlanden te wees."

Die Huis der Nederlanden se adres is: Sentraal Laan 35, Pinelands 7405;
Posbus 862, Howard Place 7450.
 Tel: 021 -- 5315831; faks: 021 -- 5317224. Pieter Spaarwater   en A.v.N.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5214.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

